Kaalvoet kinders
Kinders wat nog kan klim en klouter
Kinders wat modderkoekies maak en goggas soek
Kinders wat nog baie kan speel
en groot kan droom…
In die Reënboog klas is dit belangrik om elke kind se uniekheid en karakter te erken, te vorm en te bou.
Om verhoudings te bou, geleenthede te bied en boustene te lê…vir elke kind se pad wat wag.
Hier geniet die kleuters roetine, gestruktureerde aktiwiteite, asook genotvolle en hanteerbare vryspelaktiwiteite.
In die Reënboog klas het ons punte waarop ons bou:
Die klas word volgens Christelike beginsels bedryf.
Toepassing van dissipline geskied op ’n positiewe manier.
Lewer van goeie kommunikasie aan ouers.
Is gerig op die kweek van selfrespek en eiewaarde.
Sekuriteit en veiligheid van kleuters is van kardinale belang.
Hier streef ek om die oogang vanaf kleuterskool na grootskool te vergemaklik.
Dit is vir my belangrik dat u kind gelukkig moet wees en met groot opgewondenheid uitsien om elke dag skool toe te kom.
Kom deel in ons kleurvolle Reënboog.