My Blog

Op jou merke, gereed, LEER!

In die Koala klas volg ons die kurrikulum om alle leerareas te dek sodat die Graad R maatjies deeglik voorbereid is vir die groot skool.

Ons doen formele en informele assessering om die maats se progressie en groei reg deur die jaar te evalueer.

Hier spog ons ook graag met verskeidenheid van skeppende aktiwiteite waar maats die geleentheid kry om kreatief te wees.

Maar net so hard as wat ons werk om ons volle potensiaal te bereik, net so lekker kan ons speel ook.  Ons bied verskeie speel areas binne en buite die klas waar maats kan sosialiseer en hul kommunikasie vaardighede kan verbeter.

In die Koala klas volg ons reëls om dissipline te handhaaf en respek vir die omgewing en mense om jou.

Ek as juffrou strewe daarna om geduldig te wees en om elke kleuter se sterk punte in gedagte te hou en te prys.

COPYRIGHT KIELEKRANKIE 2024